swith-to-english

Skoolure

   
 

Gr R: 07:45 - 12:30

Gr 1 & 2: Ma & Do

              07:45 - 13:20

              Di, Wo & Vry

              07:45 - 12:50

Gr 3:      Ma & Do

              07:45 - 13:50

              Di & Wo

              07:45 - 13:20

              Vry

              07:45 - 12:50

Gr 4 - 7: Ma, Di & Do

              07:45 - 14:20

              Wo & Vry

              07:45 - 13:50

 

1ste Pouse

09:45 - 10:05

2de Pouse

12:05 - 12:20

Nasorg: 12:50 - 17:30

 

 
   

De Kuilen Primer

toelating
skooldrag en besoekers
skool fooie
foto-gallery

Skooldrag

SEUNS:

Winter:

Grys langbroek of grys kortbroek (wol en terylene mengsel).

Smal swart lyfbande

Wit langmou hemp

Skooldas

Donkergroen V-nek trui

Swart skoolskoene

Grys sokkies met skoolkleure

Kleurbaadjie met skoolwapen is opsioneel; verpligtend vir seniorkoorlede.

Donkergroen handskoene; GEEN wolmusse nie.

Alleenlik serpe met skoolkleure word toegelaat.

De Kuilen windjekker met skool se kleure word alleenlik toegelaat as addisionele kledingstuk by die

winterskooldrag. Dit is nie deel van die somersdrag nie.

Somer:

Presies dieselfde as vir winter - kleurbaadjie en/of trui is opsioneel in somer

Seuns dra wit kortmou oopslaan kraaghemp sonder das en kort grys broek

Geen windjekker, serpe of handskoene nie.

DOGTERS:

Winter:

Donkergroen springjurk met groen lyfband om die middellyf (met lussies) of grys langbroek (met rek band)

Wit langmou hemp

Skooldas

Swart skoolskoene (toeryg of band oor voet)

Lang grys sokkies met skoolkleure of lang swart kouse

Donkergroen oortrektrui (V-hals gebrei in koussteek)

Kleurbaadjie met skoolwapen is opsioneel; verpligtend vir seniorkoorlede.

Donkergroen handskoene; GEEN wolmusse

Alleenlik serpe met skoolkleure word toegelaat.

De Kuilen windjekker met skool se kleure word alleenlik toegelaat as addisionele kledingstuk by die winterskooldrag.

Dit is nie deel van die somersdrag nie.

Somer:

Donkergroen springjurk

Wit enkelsokkies wat omgeslaan word

Wit kortmou oopslaankraag hemp, sonder das

Swart skoolskoene

Die res is dieselfde as vir die winter

(Baadjie en/of trui opsioneel in die somer)

Geen windjekker, serpe of handskoene

L.W. Reënjasse: De Kuilen windjekkers.

SKOOLTASSE: ‘n Stewige, netjiese skooltas (bottelgroen of swart) versterk met binne afskortings om boeke te beskerm; geen “graffiti”

SPORTDRAG

Liggaamlike beweging- en atletiekdrag:

Dogters:

Donkergroen broekie met groen en wit atletiekfrokkie of wit gholf-hempie met skoolkleure op kraag.

Seuns:

Donkergroen broekie met groen en wit atletiekfrokkie of wit gholf- hempie met skoolkleure op kraag.

Netbal:

Dieselfde atletiekfrokkie wat vir L.B. gebruik word, word ook vir netbaloefeninge gebruik. Spanspeelsters speel met moulose netbalhempie en donkergroen netbalromp; kort wit sokkies (omgeslaan) met sportskoene (oorwegend wit) en groen skooltrui of skoolsweetpak.

Rugby:

Donkergroen broekie en rugbytrui van Laerskool De Kuilen (Die seuns oefen in ou klere.)

Elke rugbyspeler moet asseblief sy eie rugbytrui by Sege Sport aankoop.

Tennis:

Dogters:

Donkergroen rompie en wit gholfhempie met skoolkleure op kraag;

kort wit sokkies (omgeslaan); sportskoene.

(Hulle moet sover moontlik in tennisdrag oefen.)

Seuns:

Wit gholfhempie met skoolkleure op kraag; donkergroen broekie;

kort wit sokkies (omgeslaan); sportskoene. (Hulle moet sover moontlik in tennisdrag oefen.)

Krieket:

Wedstryde: wit gholfhempie met skoolkleure op kraag;

donkergroen broekie (behalwe 0/13 - wit broekie); skoolsokkies;

wit sportskoene; skooltrui.

Sweetpakke:

Ons wil aanbeveel dat leerders, indien moontlik, skoolsweetpakke aanskaf. Dit mag enige tyd oor sportdrag gedra word.

 

AMPTELIKE LEWERANSIERS VAN SKOOLDRAG:

Sege Sport, Van Riebeeckweg, Kuilsrivier

KLEREBANK:

Oop op Donderdae vanaf 07:30 – 09:00

Goeie tweedehandse skoolklere is beskikbaar by die skool.

Navrae kan gedoen word by die skoolsekretaresse.

Ons aanvaar graag skenkings van gebruikte skoolklere wat in ‘n goeie toestand is, maar koop ongelukkig nie gebruikte skoolklere nie.

HARE:

Dogters:

Hulle hare moet altyd netjies en goed versorg wees. Lang hare moet vasgemaak wees.

Alle haarversiersels soos linte, haarrekbande, “Alice-bands” en knokkertjies moet wit wees.

Silwerkleurige knippies word toegelaat.

Seuns:

Hulle hare moet netjies en kort wees. Geen vreemde haarstyle word toegelaat nie.

* Die kleur van hare word nie toegelaat nie.

Versierings:

Alleenlik wapentjies wat deur skool uitgereik of goedgekeur word, mag gedra word.

Oorkrabbetjies by dogters word soos volg toegelaat: een paar klein knopies of “sleepers”, goud of silwer, sonder gekleurde steentjies of klein smal oorringetjies.

Horlosies, maar nie armbande nie (tensy skool ‘n vergunning maak) word toegelaat.

Geen ander juweliersware word toegelaat nie.

Netbalwedstryde: geen juwele word toegelaat nie.

SPORTSAKKE:

Alleenlik De Kuilen sportsakke