swith-to-english

Skoolure

   
 

Gr R: 07:45 - 12:30

Gr 1 & 2: Ma & Do

              07:45 - 13:20

              Di, Wo & Vry

              07:45 - 12:50

Gr 3:      Ma & Do

              07:45 - 13:50

              Di & Wo

              07:45 - 13:20

              Vry

              07:45 - 12:50

Gr 4 - 7: Ma, Di & Do

              07:45 - 14:20

              Wo & Vry

              07:45 - 13:50

 

1ste Pouse

09:45 - 10:05

2de Pouse

12:05 - 12:20

Nasorg: 12:50 - 17:30

 

 
   

De Kuilen Primer

toelating
skooldrag en besoekers
skool fooie
foto-gallery

Medikasie Beleid

Ons wil graag die volgende onder ons ouers se aandag bring:

  1. Volgens skoolregulasies mag geen leerder medikasie hanteer nie. Medikasie moet deur die ouers persoonlik ingehandig en afgehaal word. Help ons asb om die medikasie so veilig as moontlik te hanteer.
  2. Ouers moet asseblief die toestemmingsvorm teken om vir ons die nodige toestemming te gee om vir hul kind medikasie te kan gee. Sonder die getekende vorm kan ons geen medikasie gee nie.
  3. Indien ouers verkies om medikasie skool toe te stuur (verkieslik moet medikasie vir een maand per keer skool toe gebring word), moet dit verseël en duidelik gemerk wees, bv in 'n toegeplakte koevert. Medikasie mag nooit net so oop ingehandig word nie.
  4. Ons benodig 'n afskrif van die voorskrif vir die voorgeskrewe medikasie wat u kind tans neem. Met elke verandering van medikasie, moet u ons van 'n nuwe afskrif voorsien.
  5. Stel asseblief die opvoeder skriftelik in kennis indien die medikasie of dosis verander word en wanneer medikasie gestaak word. Ons kan nie op 'n doktersbrief alleen reageer nie, ons benodig skriftelike toestemming ook. Dit sal onnodige verwarring voorkom, want leerders gee nie altyd die regte boodskap nie.

Soos u weet, is Ritalin 'n skedule 6 medikasie. Dit moet met groot verantwoordelikheid deur u as ouers, sowel deur ons as personeel hanteer word.

Help ons asb om probleme te voorkom.