swith-to-english

Skoolure

   
 

Gr R: 07:45 - 12:30

Gr 1 & 2: Ma & Do

              07:45 - 13:20

              Di, Wo & Vry

              07:45 - 12:50

Gr 3:      Ma & Do

              07:45 - 13:50

              Di & Wo

              07:45 - 13:20

              Vry

              07:45 - 12:50

Gr 4 - 7: Ma, Di & Do

              07:45 - 14:20

              Wo & Vry

              07:45 - 13:50

 

1ste Pouse

09:45 - 10:05

2de Pouse

12:05 - 12:20

Nasorg: 12:50 - 17:30

 

 
   

De Kuilen Primer

toelating
skooldrag en besoekers
skool fooie
foto-gallery

Taalbeleid

Laerskool De Kuilen gebruik Afrikaans en Engels as voertale. So word die taalkarakter van die ouergemeenskap wat die skool dien, weerspieël.


Die volgende ideale word nagestreef, naamlik:

  • taalsuiwerheid en -keurigheid in geskrewe en gesproke woord;
  • ‘n hoë standaard van taalonderrig;
  • alle fasiliteite, leermateriaal en personeel behoort maksimaal aangewend te word tot uitbouing van die voertale van die skool;
  • spontane, kreatiewe taalgebruik by die leerders.


Die mate waarin sowel Afrikaans as Engels gebruik sal word by enige funksie of byeenkoms van die skool, sal soos volg bepaal word:

  • die verhouding van die taalgroepe van die leerders / ouers wat betrokke is;
  • die aard/karakter van die geleentheid (bv. debat, konsert, vergadering, sport).