swith-to-english

Skoolure

   
 

Gr R: 07:45 - 12:30

Gr 1 & 2: Ma & Do

              07:45 - 13:20

              Di, Wo & Vry

              07:45 - 12:50

Gr 3:      Ma & Do

              07:45 - 13:50

              Di & Wo

              07:45 - 13:20

              Vry

              07:45 - 12:50

Gr 4 - 7: Ma, Di & Do

              07:45 - 14:20

              Wo & Vry

              07:45 - 13:50

 

1ste Pouse

09:45 - 10:05

2de Pouse

12:05 - 12:20

Nasorg: 12:50 - 17:30

 

 
   

De Kuilen Primer

toelating
skooldrag en besoekers
skool fooie
foto-gallery

Ballet

Die Wes-Kaap Onderwysdepartement het ‘n aantal primêre skole wat dans as ‘n Graad 7 Krieatiewe Kuns vak aanbied. Verskeie hoërskole bied Dansstudie ook as ‘n vak aan. Die dans onderrig wat by hierdie skole aangebied word, is volgens die Wes-Kaap Onderysdepartement dans kurrikulum saamgestel.

Die laerskole kurrikulum sien soos volg daarna uit:

Elke kwartaal is in 3 afdelings verdeel:

Afdeling 1: Dansopvoering

 

Afdeling 2:  Improvisasie en kompositie van Dans

 

Afdeling 3: Dansteorie

 

Die leerplan by Laerskool De Kuilen is beïnvloed deur die Royal Academy of Dance styl van ballet, maar is aangepas vir die WKOD dans kurrikulum.

Die dans leerders het formele assessering twee keer per jaar by die skool. Die eerste is gedurende Junie en word deur die dans opvoeder waargeneem. Die tweede is teen die einde van die jaar en word deur ‘n eksterne kundige dans instrukteur waargeneem. Die aanslae help om te werk aan ‘n spesifieke doel. Daar is progressie van graad tot graad.

Dans items word jaarliks ingeskryf in die Tygerberg Internasionele Eisteddfod. Ons sien ook uit na ander dans feeste asook kulturele uitstappies. Daar is elke derde jaar ‘n dans konsert wat deur almal wat betrokke is, geniet word.

Leerders van graad 1 tot graad 7, seuns en dogters, neem deel aan die balletklasse, wat tydens skoolure met ‘n rotasierooster gevolg word. Daar word gevind dat hulle geweldige voordeel uit hierdie klasse trek.