swith-to-english

Skoolure

   
 

Gr R: 07:45 - 12:30

Gr 1 & 2: Ma & Do

              07:45 - 13:20

              Di, Wo & Vry

              07:45 - 12:50

Gr 3:      Ma & Do

              07:45 - 13:50

              Di & Wo

              07:45 - 13:20

              Vry

              07:45 - 12:50

Gr 4 - 7: Ma, Di & Do

              07:45 - 14:20

              Wo & Vry

              07:45 - 13:50

 

1ste Pouse

09:45 - 10:05

2de Pouse

12:05 - 12:20

Nasorg: 12:50 - 17:30

 

 
   

De Kuilen Primer

toelating
skooldrag en besoekers
skool fooie
foto-gallery

Landloop

Landloop is ‘n sport waarin spanne en individue op ‘n baan in die buitelug hardloop oor natuurlike terrein. Die baan vir laerskool leerders is tipies 1,5 – 5 kilometer lank. Dit mag oppervlaktes insluit van sand, gras, oop velde, bosserige gedeeltes, effense heuwels asook teerpaaie. Deelnemers word beoordeel op grond van hulle individuele tye asook ‘n puntestelsel-metode aan die einde van die seisoen om provinsiale of streeksvlak deelname te bepaal. Leerders vanaf graad 3 (ouderdom 9) tot graad 7 mag deelneem. Landloop vind plaas gedurende die wintermaande (kwartale 2 en 3), en mag weersomstandighede van reën, sonskyn, wind en ‘n verskeidenheid van temperature insluit. Landloop val onder die vaandel van atletiek (Sien buitemuurse Rooster), meer spesifiek langafstand en veld atlete.

Ons oefen op ‘n Dinsdag (16:00 - 16:45) op ons skool se  sportvelde. Wedlope vind plaas op Vrydae na skool by die baan soos geskeduleer deur Wes-Kaap Atletiek. Leerders dra ons skool se sportklere tydens oefeninge en wedlope. Ons vertrek onmiddellik na skool op ‘n Vrydag en keer terug teen 17:00.Ouers moet verseker dat leerders betyds by die skool afgehaal word.