swith-to-english

Skoolure

   
 

Gr R: 07:45 - 12:30

Gr 1 & 2: Ma & Do

              07:45 - 13:20

              Di, Wo & Vry

              07:45 - 12:50

Gr 3:      Ma & Do

              07:45 - 13:50

              Di & Wo

              07:45 - 13:20

              Vry

              07:45 - 12:50

Gr 4 - 7: Ma, Di & Do

              07:45 - 14:20

              Wo & Vry

              07:45 - 13:50

 

1ste Pouse

09:45 - 10:05

2de Pouse

12:05 - 12:20

Nasorg: 12:50 - 17:30

 

 
   

De Kuilen Primer

toelating
skooldrag en besoekers
skool fooie
foto-gallery

Handboekbeleid

Handboeke bly die eiendom van Laerskool De Kuilen.

Dit is die plig van elke klasopvoeder om op ‘n klaslys alle handboeke wat aan die leerders uitgedeel word, aan te teken.

Leerders wat boeke verloor of beskadig, moet of die boek/e vervang, of ‘n bedrag wat deur die dagbestuur bepaal word, betaal. Klasopvoeders moet streng kontrole

hieroor hou en alle rekeninging moet by die finansiële sekretaresse vereffen word.
Kwitansies sal uitgereik word aan die betrokke leerders.

Boekinspeksie sal gereeld gehou word. Datums sal op die jaarprogram aangedui word.

Alle boeke moet aan die begin van die jaar netjies oorgetrek word deur leerders.


Handboeke:

·         Nuwe handboeke moet met die skoolstempel gemerk word.

·         Die leerder se naam, van en graad moet in pen voor in die handboek geskryf word, op die aangeduide plek.

·         Die omslag moet verkieslik met karton versterk word. (Opvoeders sal leerders inlig.)

·     Die boek moet met sterk, langdurige plastiek oorgetrek word. (Sterk plastiek is by die skool te koop.)

·         Geen leerder mag op plastiek krap of skryf nie.


Skryfboeke:

·         Opvoeders sal waar moontlik buiteblaaie vir elke vak se werkboek voorsien.

·         Opvoeders sal reël vir die korrekte wyse om name aan te bring.

·         Alle skryfboeke moet met sterk plastiek oorgetrek word.

·         Boeke moet netjies gehou word. Geen blaaie mag uitgeskeur word nie.


Tuiswerkboeke:

·    Alle leerders sal ‘n De Kuilen tuiswerkboek in die eerste week ontvang om daagliks te gebruik.