swith-to-english

Skoolure

   
 

Gr R: 07:45 - 12:30

Gr 1 & 2: Ma & Do

              07:45 - 13:20

              Di, Wo & Vry

              07:45 - 12:50

Gr 3:      Ma & Do

              07:45 - 13:50

              Di & Wo

              07:45 - 13:20

              Vry

              07:45 - 12:50

Gr 4 - 7: Ma, Di & Do

              07:45 - 14:20

              Wo & Vry

              07:45 - 13:50

 

1ste Pouse

09:45 - 10:05

2de Pouse

12:05 - 12:20

Nasorg: 12:50 - 17:30

 

 
   

De Kuilen Primer

toelating
skooldrag en besoekers
skool fooie
foto-gallery

Maatskaplike Dienste

Laerskool De Kuilen beskik sedert 2010 oor die voltydse dienste van ‘n maatskaplike werker. Hierdie diens is geïnisieer deur die Kuilsrivier Jeugtrust. Die maatskaplike werker sien om na die emosionele welstand van ons leerders.

Kinders wat in emosionele nood verkeer, hetsy tuis of a.g.v. konflik by die skool, vind hier ‘n veilige hawe en word ondersteun en begelei.

Gesinne word ook deur die maatskaplike werker ondersteun t.o.v. ouer-kind- verhoudinge, gedragsmoeilike kinders, sterfte of egskeiding in die gesin/familie, dissiplinering, ens. Meer komplekse gevalle waar terapie benodig word, word na ander organisasies verwys ten einde die gesin by te staan.

Nagenoeg 60 tot 70 leerders en gesinne word op ‘n maandelikse basis deur die maatskaplike werker ondersteun.

Soetliefprogram

Die Soetlief program word alreeds vir die afgelope 3 jaar met groot sukses by Laerskool De Kuilen aangebied.  Gr 1 - 3 leerders wat by die program inskakel leer 'n emosionele taal ten einde hulle te help om hul gevoelens te verbaliseer en ook hoe om te sosialiseer.

 

Omgeegroep

 

Die omgeegroep bestaan uit 'n paar passievolle, ambisieuse ouers wat saam staan om minderbevoorregte leerders te ondersteun.  Hulle doelwit is om ouers meer betrokke te kry by die skool en sodoende leerders en onderwysers te ondersteun.  Kontak gerus die maatskaplike werker om betrokke te raak.